Welgemoed Kunstefees – Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Hanna de Wet en die Laerskool Welgemoed-koor
Share >>
Datum: Donderdag, 17 Sep 2026
Begin tyd: 19:00 – 20:30
Kaartjie pryse: R160
Kaartjies is beskikbaar op Webtickets Kliek hier
KOM SAAM OP ’N NOSTALGIESE MUSIEKREIS VAN DIE LEGENDARIESE LUCAS MAREE SE BEKENDSTE LIEDJIES …
Hoe bevoorreg is ons nie om musikante soos Francois van Coke en ‘Die Heuwels Fantasties’ in ons midde te hê nie? En om hulle dan te hoor sing saam met die uiters talentvolle laerskoolkoor op wie die gemeenskap so trots is. Voeg daarby nog ’n plaaslike stem, Hanna de Wet, en jy kry … ’n vertoning wat gaan uitverkoop voordat dit nog geadverteer word.
Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste kuns te koop uit die hand van ons area se talentvolste kunstenaars.