Welgemoed Kunstefees 2026

Share >>

Published on: Jul 07, 2026 

Die Welgemoed Kunstefees keer terug

Die Welgemoed Kunstefees vier vanjaar sy vyfde bestaansjaar en beloof weer ‘n week vol musiek, teater, boeke, kuns en gemeenskapsgees. As die enigste fees van sy soort in Kaapstad se Noordelike Voorstede bring dit inwoners en besoekers bymekaar om die kunste te geniet én terselfdertyd plaaslike liefdadigheidsorganisasies te ondersteun.

Daar is iets vir almal

Van boekgesprekke met bekende skrywers, musiekvertonings en teater, tot kunsklasse, leefstylgesprekke, gesinsaktiwiteite en werkswinkels, die fees bied ‘n gevarieerde program vir alle ouderdomme en belangstellings.

Hoogtepunte van die fees sluit in:

  • Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties & Hanna de Wet‘n Besonderse musiekaand saam met die Laerskool Welgemoed-koor, waar bekende kunstenaars en jong plaaslike talent die verhoog deel.
  • Amira Willighagen & die DF-Koor – ‘n Gratis afsluitingskonsert met een van Suid-Afrika se bekendste jong stemme saam met die DF Akademie se briljante koor en die immergewilde Jade Paige saamspan.
  • Boek en KoekBegin die fees saam met Antjie Krog, Marita van der Vyver en Erns Grundling vir ‘n oggend van stories, gesprekke en iets lekkers saam met die koffie.

Kaartjies
Kaartjies vir die Welgemoed Kunstefees is beskikbaar op Webtickets. Kliek hier om die volledige program te besigtig en kaartjies te bespreek.

Kuns wat ‘n verskil maak

Elke kaartjie dra by tot organisasies wat daagliks ‘n verskil maak. Vanjaar ondersteun die fees onder meer RAMOT, BADISA, Jan Kriel Skool, Alta du Toit, Huis Jabes, Magdalena Huis, MES, Living Network, Paarl Skool en Durbanville Kinderhuis.

Die Welgemoed CID moedig inwoners aan om die fees te ondersteun, die kunste te vier en saam ‘n betekenisvolle bydrae tot hierdie organisasies te maak.

Met trots gedeel deur Welgemoed CID

Other News

All Categories
Scroll to Top